as ‘n mens luister na die wind
so laat in die nagte
hoor ‘n mens die huil van ‘n kind
sonder ‘n pa; een van baie nageslagte
‘n mens hoor die trane van ‘n moeder,
wat verlang na haar man in ‘n godverlate land
‘n mens voel die pyn van die eensame
onder die grond in ‘n kus geplant
die eensame kon nie meer nie
die eensame het gebid om te sterf
God wou nie genadig wees nie…
toe doen die eensame dit self…
die eensame kon nie meer nie…